
Ses verskaffers en Rani-groep in NaCC se visier
Loading player...
Die Namibiese Mededingingskommissie het 'n ondersoek na die Rani-groep en ses groot verskaffers van stapel gestuur vir beweerde teenmededingende praktyke. Woordvoerder van die kommissie, Dina //Gowases, sê klein kleinhandelaars het klagtes ingedien waarin hulle verskaffers daarvan beskuldig dat hulle voorraad en afslag uitsluitlik vir die Rani-groep reserveer. Klein sake-eienaars beweer ook dat die groep strategies mededingende afsetpunte naby hulle oopmaak om hulle te dwing om te sluit. //Gowases sê die betrokke maatskappye het 30 dae om te reageer, en sy doen 'n beroep op die betrokke partye om met bewyse vorendag te kom. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

