
Plegtighede vir repatriasie van Namibiese oorskot afgehandel
Loading player...
'n Hermensliking- en repatriasieplegtigheid vir voormalige Namibiese politieke gevangenes op Robbeneiland en 84 voorvaderlike oorskot van Namibiese oorsprong is vandag by die Iziko Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad gehou. Die seremonie is die formele oorhandiging van die oorskot voor hul terugkeer Vrydag. Kultuurminister Sanet Steenkamp het die belangrikheid van tradisionele leierskap se teenwoordigheid tydens hierdie proses uitgelig.

