
Adams eis parlement moet bewerings dat hy lieg terugtrek
Loading player...
Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, het voor die Madlanga-kommissie getuig sy regspan het van die parlement geëis om bewerings terug te trek dat hy inligting oor sy problematiese skootrekenaar versin het. Voorsitter Mbuyiseli Madlanga het hom daaroor uitgevra. Adams het bevestig LP's kry drie toestelle, maar ontken dat hy beweer het al drie het nie gewerk nie. Hy sê e-posboodskappe is voorgelê om sy weergawe te staaf:

