
Akkerbouraad gesels oor hemel hoë vrugtepryse
Loading player...
Plaaslike vrugtepryse styg skerp, met die jongste syfers van die Namibiese Statistieke-agentskap wat 'n toename van 15,3 persent vanaf die vorige maand toon. Kosmos 94.1 Nuus het met die Akkerbouraad se bestuurder vir Tuinbou-ontwikkeling, Emilie Abraham, gesels oor pogings om plaaslike vrugteproduksie te bevorder. Sy sê 'n nuwe vrugte-ontwikkelingsubsidieskema help boere om die koste van kunsmis, plaagdoders en plantmateriaal met 30 persent te verminder.

