Walvis se agterplaasplakkers vasgevang in burokratiese rompslomp

Loading player...
Duisende agterplaasplakkers in Walvisbaai wag steeds vir huise, terwyl burokrasie die 33-hektaar Farm 37-behuisingsprojek vertraag. Alhoewel 75 miljoen Namibiese dollar in Julie 2025 vir die eerste fase opsy gesit is, bly vordering vasgevang in dorpsgoedkeuring. Kosmos 94.1 Nuus het met Walvisbaai-gemeenskapsaktivis Deriou Benson gepraat wat dringende ingryping versoek.
20 Aug 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Akkerbouraad gesels oor hemel hoë vrugtepryse

Plaaslike vrugtepryse styg skerp, met die jongste syfers van die Namibiese Statistieke-agentskap wat 'n toename van 15,3 persent vanaf die vorige maand toon. Kosmos 94.1 Nuus het met die Akkerbouraad se bestuurder vir Tuinbou-ontwikkeling, Emilie Abraham, gesels oor pogings om plaaslike vrugteproduksie te bevorder. Sy sê 'n nuwe vrugte-ontwikkelingsubsidieskema help…
20 Aug 12AM 1 min

Trump sê baie skepe beweeg deur Straat van Hormuz

Amerikaanse president Trump het aan verslaggewers buite die Withuis gesê dat die VSA baie skepe het wat deur die Straat van Hormuz beweeg, blykbaar met verwysing na berigte dat die Amerikaanse vloot gehelp het om olie veilig deur die seestraat te kry. Die New York Times het Woensdag berig sowat…
19 Aug 11PM 1 min

Adams eis parlement moet bewerings dat hy lieg terugtrek

Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, het voor die Madlanga-kommissie getuig sy regspan het van die parlement geëis om bewerings terug te trek dat hy inligting oor sy problematiese skootrekenaar versin het. Voorsitter Mbuyiseli Madlanga het hom daaroor uitgevra. Adams het bevestig LP's kry drie toestelle, maar…
19 Aug 11PM 1 min

'KSUT-bestuur, studenteleiers moet praat' na vernietiging

Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, vra 'n dringende gesprek tussen die bestuur en raad van die Kaapse Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie en studenteleiers. Gister se brandstigtingsvoorval op die kampus in Bellville het 'n algehele sluiting veroorsaak en koshuise is ontruim. Dit volg op betogings oor voorgestelde…
19 Aug 11AM 1 min