Kanadese-tariewe: VSA sê sy irritasies is uitgeskakel

Loading player...
President Donald Trump sê Amerika het “ʼn baie regverdige” handelsooreenkoms met Kanada bereik. Onderhandelaars het gister vergader nadat Trump die instelling van 50-persent-tariewe op ʼn reeks Kanadese produkte voorlopig uitgestel het. Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê hulle werk aan ʼn ooreenkoms waar die beste bepalings ingesluit word by elke land se belangrikste strategiese sektore. Amerika se handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, sê die ooreenkoms skakel “sommige van die irritasies” uit wat Amerika teen Kanada gehad het:
20 Aug 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Misa eis wetstoepassing na dodelike klipgooiery op R24

Die Motorbedryf-personeelvereniging doen 'n beroep op dringende optrede om dodelike klipgooiery op motoriste te verhoed. Dit volg na die dood van 'n vrou wat deur 'n groot klip getref is terwyl sy onder 'n brug op die R24 in Bedfordview, Johannesburg, gery het. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging doen 'n…
20 Aug 2AM 1 min

Nanso en Nantu werk nou saam

Die nuut-ondertekende memorandum van verstandhouding tussen die Namibiese Nasionale Studente-organisasie en die Namibiese Nasionale Onderwysersunie, Nantu, is daarop gemik om samewerking op skoolvlak te verdiep. Nanso-president Dorthea Nangolo sê dit verseker dat Nantu-onderwysers studenteleiers oplei en lei, terwyl 'n gesamentlike navorsingseenheid gestig word om te verseker dat alle voorspraak beleidsgedrewe…
20 Aug 1AM 1 min

BKS: 82% van Wes-Kaapse kuddes ingeënt

Die Wes-Kaapse regering sê 82 persent van die provinsie veekudde is teen bek-en-klouseer ingeënt. Byna 480 000 entstofdosisse is aan kommersiële en bestaansveeboere in alle distrikte toegedien. Dit is gedoen om boere, werkgeleenthede, voedselsekerheid en die provinsie se landbou-ekonomie te beskerm. Die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan…
20 Aug 1AM 1 min

Alles op dreef vir MXoAN volgende naweek

Die Internasionale Federasie van Motorfietsry, FIM, se Motocross of African Nations vind op volgende naweek op die Gallina-baan net noord van die hoofstad plaas. Dit kom na Namibië verlede jaar in Zimbabwe toegewys is as vanjaar se gasheer. Nagenoeg 180-plus ryers van 10 lande neem deel. Namibië se eie motocross-veteraan…
20 Aug 12AM 1 min