
Ampsklagkomitee win regsmening in
Loading player...
Die parlementêre Ampsklagkomitee het besluit om 'n brief deur president Cyril Ramaphosa, waarin hy beswaar maak teen die aanbevole getuienisleier, vir 'n regsmening te verwys. Die president sê hy het Madonsela as sy aanstelling by die Regterlike Dienskommissie verwyder na onderhoude vir 'n hoofregter in 2022. Hy sê Madonsela is in konflik, aangesien hy onlangs regsadvies aan die ANC verskaf het oor die ampsklagproses. Die komiteevoorsitter, Makashule Gana, sê Ramaphosa se brief beïnvloed die aanstellingsproses:

