
Ghebreyesus praat in Windhoek oor nasionale begrotings en gesondheid
Loading player...
Die Windhoek Buitekluboord is die gasheer van die tweedaagse 5de Afrika CDC Streeksministeriële Beheerkomiteevergadering vir Suider-Afrika. Tydens die openingsessie vanoggend het die Wêreldgesondheidsorganisasie se direkteur-generaal, dr. Tedros Ghebreyesus, regerings regoor die streek aangespoor om openbare gesondheidsorg in nasionale begrotings te prioritiseer, veral in die lig van skerp besnoeiings aan internasionale gesondheidsfinansiering.

