
SA se tronke is broeiplek vir bendes en misdaad
Loading player...
Die Kommissaris van Polisie in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, sê Suid-Afrika se korrektiewe instellings is die broeiplek vir misdaad en bendes. Hy het gister die Parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie ingelig as deel van 'n beraad oor bendeverwante geweld. By die beraad was slagoffers van bendeverwante geweld, burgerlike organisasies, gemeenskaporganisasies en individue wat daagliks werk om bendegeweld te beëindig. Mkhwanazi sê die probleem strek verder as die gevangenes, soos die onlangse inhegtenisneming 'n beampte van die korrektiewe dienste gewys het:

