
Ebola: Ministerie sê daar is geen rede tot kommer nie
Loading player...
Die Ebola-uitbreking in die DRK ontwikkel vinnig. Meer as 5 000 is besmet en meer as 2 300 mense is dood. Daar is kommer oor verspreiding maar plaaslik sê die ministerie van gesondheid dat daar steeds geen rede vir paniek is nie, ten spyte daarvan dat die Walvisbaai-Ndola-Lubumbashi-ontwikkelingskorridor direk gereelde handelsroetes tussen die twee lande verbind. Ministeriewoordvoerder Walters Kamaya sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat hoewel gereedheidsbesprekings begin het, daar nog geen rede vir paniek is nie.

