Ebola: Ministerie sê daar is geen rede tot kommer nie

Loading player...
Die Ebola-uitbreking in die DRK ontwikkel vinnig. Meer as 5 000 is besmet en meer as 2 300 mense is dood. Daar is kommer oor verspreiding maar plaaslik sê die ministerie van gesondheid dat daar steeds geen rede vir paniek is nie, ten spyte daarvan dat die Walvisbaai-Ndola-Lubumbashi-ontwikkelingskorridor direk gereelde handelsroetes tussen die twee lande verbind. Ministeriewoordvoerder Walters Kamaya sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat hoewel gereedheidsbesprekings begin het, daar nog geen rede vir paniek is nie.
20 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sportarbitrasie-hof sê later oor Senegal se Afcon-appèl

Sokker: Die Hof vir Sportarbitrasie gaan einde volgende maand uitspraak lewer in Senegal se appèlaansoek teen die Afrika-beheerliggaam, CAF, se besluit om die Afrikabeker aan Marokko toe te ken. CAF se appèlraad het beslis dat Senegal die wedstryd verbeur het toe sy span in Januarie se eindstryd in Rabat van…
20 Oct 11AM 1 min

TLU SA teen stig van nuwe Rooivleisforum

Die landbou-organisasie TLU SA is gekant teen Vrystaat Landbou se stigting van 'n nuwe Rooivleisforum. Woordvoerder Zelda Brits sê 'n afsonderlike struktuur wat landwyd produsente werf, kan onsekerheid skep en die Rooivleisprodusente-organisasie verswak. Brits sê produsente behoort hul verbruiksgoedere-organisasies te ondersteun, leiers tot verantwoording te roep en verandering van binne…
20 Oct 11AM 1 min

NNN sluit Angola-staatsbesoek af

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sluit vandag haar driedaagse staatsbesoek aan Angola af met ’n hernude verbintenis om bilaterale betrekkinge te versterk en samewerking in tasbare voordele vir die mense van Namibië en Angola te omskep. Tydens die besoek is sewe samewerkingsooreenkomste onderteken, waaronder ’n ooreenkoms oor ’n eenstop-grenspos om handel en…
20 Oct 10AM 1 min

Opposisie het vrae oor koste van Nekundi se voetgangerbrûe

Die opposisie bevraagteken die regering se voorgestelde besteding van 70 miljoen Namibiese dollar aan twee voetgangerbrûe oor Windhoek se westelike verbypad, en eis antwoorde oor die geraamde koste van 35 miljoen dollar per brug. Nelson Kalangula, die IPC se skaduminister van werke en vervoer, het vanmiddag in die Nasionale Vergadering…
20 Oct 10AM 1 min