
Varkprodusente vergader in September
Loading player...
Die Varkprodusentevereniging van Namibië nooi alle kommersiële en opkomende varkboere uit na hul gratis jaarlikse Inligtingsdag op 9 September in Windhoek. Die Namibiese Landbou-unie ekonoom, Leigh-Ann Nehoya, sê die geleentheid sal kundige aanbiedings oor praktiese varkvoeding, siektebestuur, aanlyn opleiding en sakestrategieë insluit om kuddewaarde en bemarking te maksimeer. Nehoya deel meer met Kosmos 94.1 Nuus:

