
Okh-raadslid het ernstige waarskuwing vir polisie
Loading player...
Okahandja-kiesafdelingsraadslid Bethuel Tjaveondja doen 'n beroep op inwoners om met die polisie saam te span om misdaad en dwelmhandel aan te pak. Hy sê dat NamPol ernstig onderbeman is, en het die gemeenskap aangespoor om kriminele aktiwiteite, insluitend dwelmhandelaars in hul eie families, aan te meld eerder as om die skuld net op die polisie te pak. Hy het ook polisieleierskap gewaarsku om reaksie te verbeter en openbare vertroue te handhaaf, en beklemtoon dat effektiewe misdaadvoorkoming samewerking tussen plaaslike owerhede, tradisionele leiers en inwoners vereis. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

