'Oppas met verpligte bydraes' tot nuwe pensioenfonds

Loading player...
Danny Meyer, stigter van SME Compete, doen 'n beroep op omsigtigheid rakende voorgestelde verpligte bydraes tot die beplande Nasionale Pensioenfonds. Ingevolge huidige voorstelle sal werkers wat 1 500 Namibiese dollar per maand verdien, 75 dollar per maand vir die fonds moet betaal. Meyer waarsku dat, hoewel 'n inklusiewe pensioenfonds lofwaardig is, swaar statutêre aftrekkings werkers met lae inkomstes asook kleinsakeondernemings kan kniehalter. Hy praat met Kosmos 94.1 Nuus:
20 Aug 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Israel se hantering van hulpwerker-sterftes grief Aussies

Die Australiese minister van Buitelandse Sake, Penny Wong, is woedend omdat Israel nie strafregtelike aanklagte gaan instel vir die moorde op die Australiese hulpwerker Zomi Frankcom en haar ses kollegas van die World Central Kitchen nie. Hulle is in April 2024 dood in 'n Israeliese aanval in Gaza. Die Weermag…
20 Aug 9AM 1 min

Action SA dien hofstukke in oor Phala Phala 'bedrogspul'

ActionSA het hofstukke teen die Polisiediens by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien oor ʼn beweerde polities-gedrewe poging om lede van die presidensiële beskermingsdiens te beskerm. ʼn Polisie-ondersoek het die hoof van die diens, Wally Rhoode, en Hlulani Rekhoto vrygespreek nadat hulle beskuldig is dat hulle die inbraak op president Cyril…
20 Aug 8AM 1 min

Julius sê Cyril kan nie sy eie regter vir ampsklagproses kies nie

Die EFF-leier Julius Malema het president Cyril Ramaphosa se beswaar teen die Ampsklagkomitee se getuienisleier verwerp en gesê hy probeer doelbewus om die komitee se demokratiese prosesse te vertraag. Ramaphosa het in 'n brief die aanstelling van advokaat Thandazani Madonsela verwerp, en botsende belange as rede aangevoer. Die komitee het…
20 Aug 6AM 1 min

Okh-raadslid het ernstige waarskuwing vir polisie

Okahandja-kiesafdelingsraadslid Bethuel Tjaveondja doen 'n beroep op inwoners om met die polisie saam te span om misdaad en dwelmhandel aan te pak. Hy sê dat NamPol ernstig onderbeman is, en het die gemeenskap aangespoor om kriminele aktiwiteite, insluitend dwelmhandelaars in hul eie families, aan te meld eerder as om die…
20 Aug 6AM 1 min

Padel help om behuisingstekorte aan te spreek

Old Mutual Namibia het 80 000 Namibiese dollar belowe om die komende Standard Bank Padel for Purpose-toernooi te ondersteun. Die fondse sal die Buy-a-Brick-inisiatief direk ondersteun, 'n gesamentlike projek met die Shack Dwellers-federasie wat gehelp het om byna 740 huise vir lae-inkomste gesinne landwyd te bou. Old Mutual se algemene…
20 Aug 6AM 1 min