
MIV versprei steeds weens vrees vir GBV, vergelding
Loading player...
Nuwe MIV-infeksies, veral onder swanger vroue, duur onverpoosd voort. Emilia Tobias, 'n spesialisverpleegster in infeksievoorkoming en -beheer in die Erongo-streek, sê geslagsgebaseerde geweld, vrees vir vergelding en stigma binne verhoudings dra by tot die verspreiding. Tobias het vandag by 'n mans- en vrouekonferensie in Swakopmund gepraat, waar sy 'n beroep gedoen het op groter bewustheid en ondersteuning om die verband tussen geslagsgeweld en MIV-infeksies aan te spreek.

