Verlies aan beheer oorsaak van vliegongeluk by Eros

Loading player...
Ondersoekers het tot die gevolgtrekking gekom dat 'n verlies aan beheer op die grond die waarskynlike oorsaak was van 'n vliegtuigongeluk in 2025 by Windhoek se Eros-lughawe. Die finale verslag deur die Direktoraat van Vliegtuigongeluk- en Voorvalondersoeke het geen bewyse gevind van 'n voorafbestaande vliegtuigfout of stelselwanfunksie nie. Hoofondersoeker Ben Engelbrecht sê dat die RV9A-vliegtuig lugwaardig was en in ooreenstemming met bestaande regulasies en goedgekeurde prosedures in stand gehou is.
29 Aug 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sportarbitrasie-hof sê later oor Senegal se Afcon-appèl

Sokker: Die Hof vir Sportarbitrasie gaan einde volgende maand uitspraak lewer in Senegal se appèlaansoek teen die Afrika-beheerliggaam, CAF, se besluit om die Afrikabeker aan Marokko toe te ken. CAF se appèlraad het beslis dat Senegal die wedstryd verbeur het toe sy span in Januarie se eindstryd in Rabat van…
20 Oct 11AM 1 min

TLU SA teen stig van nuwe Rooivleisforum

Die landbou-organisasie TLU SA is gekant teen Vrystaat Landbou se stigting van 'n nuwe Rooivleisforum. Woordvoerder Zelda Brits sê 'n afsonderlike struktuur wat landwyd produsente werf, kan onsekerheid skep en die Rooivleisprodusente-organisasie verswak. Brits sê produsente behoort hul verbruiksgoedere-organisasies te ondersteun, leiers tot verantwoording te roep en verandering van binne…
20 Oct 11AM 1 min

NNN sluit Angola-staatsbesoek af

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sluit vandag haar driedaagse staatsbesoek aan Angola af met ’n hernude verbintenis om bilaterale betrekkinge te versterk en samewerking in tasbare voordele vir die mense van Namibië en Angola te omskep. Tydens die besoek is sewe samewerkingsooreenkomste onderteken, waaronder ’n ooreenkoms oor ’n eenstop-grenspos om handel en…
20 Oct 10AM 1 min

Opposisie het vrae oor koste van Nekundi se voetgangerbrûe

Die opposisie bevraagteken die regering se voorgestelde besteding van 70 miljoen Namibiese dollar aan twee voetgangerbrûe oor Windhoek se westelike verbypad, en eis antwoorde oor die geraamde koste van 35 miljoen dollar per brug. Nelson Kalangula, die IPC se skaduminister van werke en vervoer, het vanmiddag in die Nasionale Vergadering…
20 Oct 10AM 1 min