Cyril moet sê oor Phala Phala-miljoene, hoor hof

Loading player...
Die MK-party se regsverteenwoordiger, Dali Mpofu, sê president Cyril Ramaphosa kan nie verontskuldig word voor hy verduidelik wat geword het van die miljoene Suid-Afrikaanse rand wat op sy plaas, Phala Phala, gesteel is nie. Mpofu het die Wes-Kaapse Hooggeregshof toegespreek, waar Ramaphosa die bevindings van die Artikel 89-onafhanklike paneel betwis. Hy sê die Konstitusionele Hof-uitspraak oor die instelling van 'n ampsklagkomitee het reeds bepaal daar is 'n saak waarop Ramaphosa moet antwoord:
4 Sep 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Geheime verhoor van Zuma se spioen word regtelik betwis

Die Campaign for Free Expression, Media24, amaBhungane en Daily Maverick het die Hooggeregshof in Pretoria versoek om die verhoor van twee voormalige amptenare van die Staatsveiligheidsagentskap vir die publiek oop te stel. Thulani Dlomo, bekend as voormalige president Jacob Zuma se spioen, en Patrick Mshotholo staan tereg vir die beweerde…
20 Oct 3AM 1 min

Regering wil private beleggings in landbou lok

Die adjunkminister van landbou, Ruthy Masake, sê die regering beoog om meer private beleggings in die landbou te lok ten einde plaaslike produksie ’n hupstoot te gee. Masake het tydens die eerste Jaarlikse Landboubeleggingskonferensie en -ekspo hier in die hoofstad gepraat en gesê dat die lok van private beleggings ook…
20 Oct 3AM 1 min

Mbeki sê sake uit die apartheids-era moet regsprosesse volg

Die voormalige president Thabo Mbeki sê apartheids-era-sake moet deur die behoorlike wetlike en grondwetlike prosesse hanteer word. Mbeki het voor die Khampepe-kommissie in Johannesburg getuig en ontken dat daar 'n algemene amnestie-ooreenkoms of geheime ooreenkomste was om vervolging te beëindig. Hy sê besluite oor vervolging moet berus by die Nasionale…
20 Oct 2AM 1 min

IPC se Nashinge kap terug oor ondersoek na opposisiefondse

IPC-woordvoerder Imms Nashinge reageer op Swapo-LP Salomon April se ondersoek na die besteding van opposisiepartye se fondse en wys op regeringsmislukkings soos Fishrot. In ’n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus beklemtoon Nashinge dat staatsbefondsing aan politieke partye wetlik bedoel is om demokratiese deelname te ondersteun. Hy voer aan dat die…
20 Oct 2AM 1 min

AfriForum waarsku vakansiegangers teen verblyfbedrog gedurende feestyd

AfriForum waarsku Suid-Afrikaners om bedag te wees op vakansiebedrog namate die feestyd nader kom. Bedrieërs gebruik vals advertensies vir akkommodasie, gekloonde webwerwe en oneerlike reisagente om mense te mislei om te betaal vir vakansies wat nie bestaan nie. Jacques Broodryk van AfriForum sê meer as 48 gesinne het verlede jaar…
20 Oct 2AM 1 min