
Voedselarmoede vereis hoër staatshulp
Loading player...
Die GOOD Party sê die jongste syfers oor voedselarmoede beklemtoon die ontoereikendheid van die maatskaplike verligtingstoelaag van 370 rand. Die party voer aan die toelaag is heelwat laer as die maandelikse bedrag van 868 rand wat nodig is om in 'n volwassene se basiese daaglikse voedselbehoeftes te voorsien. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron doen 'n beroep op die vervanging van die SRD-toelaag met 'n basiese inkomstetoelaag van minstens 1 457-rand om miljoene werklose Suid-Afrikaners te help om in hul basiese behoeftes te voorsien:

