
Bye is vroeg bedrywig, waarsku kenners
Loading player...
'n Komiteelid van United Beekeepers of Namibia en professionele byeboer, Chris Lemmer, sê Windhoek ervaar 'n groot toename in residensiële byeswerms in vergelyking met die afgelope drie jaar. Hy sê dat goeie reën, gekombineer met 'n buitengewoon warm winter, veroorsaak het dat byepopulasies reeds in Junie floreer en swerm, maande voor die tradisionele September-swermseisoen. Lemmer waarsku huiseienaars om nie bye met huishoudelike chemikalieë te probeer uitroei nie, en dat bye-verwyderaars eerder gekontak moet word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

