
Minister beloof hervormings in onderwys
Loading player...
Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, sê haar departement werk daaraan om die administratiewe las op skoolhoofde en onderwysers te verminder terwyl hulle in geletterdheid en syfervaardigheid belê. Gwarube het tydens die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Skoolhoofde se nasionale konferensie in Polokwane, Limpopo, beklemtoon dat hervormings leeruitkomste moet prioritiseer. Die minister sê sterk skoolleierskap en beter onderwyserontwikkeling is noodsaaklik om leeruitkomste te verbeter en 'n sterker grondslag vir kinders te bou:

