
Swapo se Doreen Indongo nuwe adjunkburgemeester van Gobabis
Loading player...
Swapo-raadslid Doreen Indongo is tydens 'n buitengewone sitting as die nuwe adjunkburgemeester van Gobabis verkies en het Wynand Lukas, 'n kandidaat vir A Right to Shelter, met vier stemme teen drie verslaan. Die verkiesing volg op 'n gespanne vergadering die vorige dag, waar RTS-verteenwoordigers geprotesteer het teen burgemeester Elwin Gariseb se versuim om voldoende reaksies te verskaf rakende munisipale sake, insluitend die beweerde verkoop van 100 erwe. Gobabis se munisipale woordvoerder, Frederick Ueitele, sê dat die sitting suksesvol afgehandel is voordat die landdros die adjunkburgemeestersverkiesing gelei het. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

