Die voormalige president Thabo Mbeki sê apartheids-era-sake moet deur die behoorlike wetlike en grondwetlike prosesse hanteer word. Mbeki het voor die Khampepe-kommissie in Johannesburg getuig en ontken dat daar 'n algemene amnestie-ooreenkoms of geheime ooreenkomste was om vervolging te beëindig. Hy sê besluite oor vervolging moet berus by die Nasionale…
IPC-woordvoerder Imms Nashinge reageer op Swapo-LP Salomon April se ondersoek na die besteding van opposisiepartye se fondse en wys op regeringsmislukkings soos Fishrot. In ’n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus beklemtoon Nashinge dat staatsbefondsing aan politieke partye wetlik bedoel is om demokratiese deelname te ondersteun. Hy voer aan dat die…
AfriForum waarsku Suid-Afrikaners om bedag te wees op vakansiebedrog namate die feestyd nader kom. Bedrieërs gebruik vals advertensies vir akkommodasie, gekloonde webwerwe en oneerlike reisagente om mense te mislei om te betaal vir vakansies wat nie bestaan nie. Jacques Broodryk van AfriForum sê meer as 48 gesinne het verlede jaar…
Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, Patrick Nandago, sê dat staatsamptenare se produktiwiteit, en dus dienslewering, met tussen 40 en 50 persent gedaal het. Hy sê dat staatsamptenare persoonlike sake bo amptelike pligte prioritiseer, met sommige van hulle wat hulsef heeldag in hul kantore toesluit om gebedsgroepe te lei. In 'n…
Die voormalige Bafana Bafana- en Kaizer Chiefs-legende, Doctor Khumalo, is aangestel as ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se tegniese komitee. Die president van SAFA, Danny Jordaan het die aanstelling bevestig ná 'n vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee in Sandton. Die komitee hou toesig oor sokkerontwikkeling, afrigtingsstandaarde en die prestasie…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.