
Biografie van Tobie Cronje deur Chris Vorster, nooi jou in Tobie se sitkamer in
Loading player...
As leser sit jy saam met Tobie en sy gaskunstenaars in sy ruim sitkamer – daar is áltyd rooibostee en glutenvrye koekies – terwyl daar openhartig gesels word. Tobie Cronje leef nie in die verlede nie, so vertel Chris Vorster wat die enorme taak aan gepak het om Tobie se lewenswandel vas te vang. Daar is soveel om te ontdek en dit word op ‘n besondere wyse in die boek uigebeeld. Chris Vorster sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor sy boek: TOBIE wat eersdaags by Aardklop bekend gestel word.




