IPC vra regering om Dordabis-plaasuitsetting stop te sit

Loading player...
10:00 – Laai nuus

Die IPC-skaduminister van grondhervorming, Michael Mulunga, doen 'n beroep op die regering om die uitsetting van 40 grondlose gesinne en 500 stuks vee van Plaas Christerine naby Dordabis te staak. Die gesinne het die plaas beset na jare se afgekeurde hervestigings-aansoeke, maar het op 10 September 'n 30 dae-uitsettingskennisgewing gekry. Mulunga wil hê die lynministerie moet hul besetting stopsit of alternatiewe grond verskaf. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
25 Sep 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Horner erken rol in omstrede 2021 Abu Dhabi Grand Prix

Motorsport: Red Bull se voormalige spanhoof, Christian Horner, erken hy het druk geplaas op die destydse wedren-direkteur, Michael Masi, tydens die beslissende Abu Dhabi Grand Prix van 2021. Masi is uit sy pos onthef oor 'n laat veiligheidsmotor-ontplooiing, waarna Max Verstappen van Red Bull vir Lewis Hamilton van Mercedes kon…
19 Oct 9AM 1 min

Mbeki ontken hy het apartheid-generaals beskerm

Oudpresident Thabo Mbeki het voor die Khampepe-kommissie getuig hy het verskeie aansoeke om presidensiële kwytskelding goedgekeur. Die kommissie ondersoek bewerings van politieke inmenging in sake van die Waarheids-en-Versoeningskommissie. Hy sê bewerings dat hy geheime samesprekings met generaals uit die apartheidsera gevoer het om hulle teen vervolging te beskerm, is 'n…
19 Oct 9AM 1 min

Duitse debat oor volksmoord ' 'n klein oorwinning'

Sima Luipert van die Nama Tradisionele Owerheid sê die debat in die Duitse parlement is 'n kragtige oomblik vir die afstammelinge van die Nama- en OvaHerero-volksmoord. Sy sê egter dat hoop op dade gegrond moet wees. Dit kom terwyl wetgewers versoeke oorweeg dat Duitsland volle wetlike verantwoordelikheid aanvaar en omvattende…
19 Oct 8AM 1 min

Oekraïne sal oorlog moeilik wen as VSA Putin steun - Zelensky

Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê dit sal ʼn geskiedkundige fout wees indien Amerika amptelik standpunt inneem saam met president Vladimir Putin van Rusland. Die verhouding tussen Washington en Kiëf het verswak nadat Amerika verlede week ʼn omstrede diesel-invoerooreenkoms met Rusland gesluit het. President Donald Trump beskuldig Zelensky dat hy…
19 Oct 8AM 1 min

Namibiër deel drie dekades se Angola-ervarings

Terwyl president Netumbo Nandi-Ndaitwah tans op 'n staatsbesoek aan Angola is, met die doel om bande tussen die twee buurlande te versterk, gesels Kosmos 94.1 Nuus met 'n Namibiër wat Angola al drie dekades lank sy tuiste noem. Stefan van Wyk deel sy ervarings van lewe en werk oorkant die…
19 Oct 6AM 1 min