Israel pleeg volksmoord: Lamola by VN

Loading player...
Suid-Afrika se minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Israel se voortgesette oortreding van internasionale en humanitêre reg kom neer op volksmoord. Hy het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York toegespreek. Suid-Afrika het in Desember 2023 by die Internasionale Strafhof ʼn saak teen Israel aanhangig gemaak en aangevoer dat hy volgens die Volksmoordkonvensie sy verpligtinge wat Palestyne in Gaza betref, skend. Lamola sê die land reken die internasionale gemeenskap moet optree om die strafloosheid te beëindig:
25 Sep 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beperkte polisiehulpbronne kan stropers laat kanse vat

Rickus Spangenberg, stigter van die K9-eenheid teen stropery, sê nasionale padblokkades vir bek-en-klouseer sal help om vleissmokkelary te bekamp, maar waarsku dat beperkte polisiehulpbronne grondpaaie kwesbaar laat vir stropery. Spangenberg doen 'n beroep op wetstoepassers om saam te werk met private teenstropery-eenhede en plaaslike plaasveiligheidsnetwerke om sekondêre roetes doeltreffend af…
26 Sep 6AM 1 min

Waarnemende polisieminister besoek Ekurhuleni, spilpunt van moorde

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het ʼn oorsigbesoek aan Ekurhuleni gebring om die polisie se gereedheid en vermoë op stasievlak te bepaal. Hy het die polisiekantore in Kemptonpark en Tembisa besoek en gefokus op geslagsgeweld, vrouemoord en ondersteuning aan slagoffers. Die ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê Cachalia…
26 Sep 5AM 1 min

BoN hou dinkskrum oor petroleumproduksie

Die Bank van Namibië het sy 2026 Jaarlikse Simposium aangebied wat gefokus was op die voorbereiding van die nasionale ekonomie vir die komende petroleumproduksiefase. Met die fokus op plaaslike vaardigheidsbou, regulatoriese raamwerke en plaaslike deelname, het leiers beklemtoon dat voorbereidings voor olie-ontdekkings van kritieke belang is om te verseker dat…
26 Sep 4AM 1 min

Als in orde Krugerwildtuin ná brand

SANParke sê geriewe by die Krugerwildtuin in Limpopo is steeds werking ná 'n brand by die Letaba-ruskamp. Die brand het Vrydag twee toeriste-eenhede geraak, maar personeel en veldwagters het daarin geslaag om dit te beheer voordat dit kon versprei. JP Louw van SANParke sê die wildtuinwinkel, vulstasie, olifantmuseum en kampontvangs…
26 Sep 3AM 1 min