Terwyl president Netumbo Nandi-Ndaitwah tans op 'n staatsbesoek aan Angola is, met die doel om bande tussen die twee buurlande te versterk, gesels Kosmos 94.1 Nuus met 'n Namibiër wat Angola al drie dekades lank sy tuiste noem. Stefan van Wyk deel sy ervarings van lewe en werk oorkant die…
Terwyl Namibië wêreldwyd die vierde plek beklee met 'n geslote geslagsgaping van 84,5 persent, het die menseregte-aktivis Rosa Namises gewaarsku dat plaaslike realiteite 'n ander storie van ernstige geweld en ekonomiese uitsluiting vertel. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Namises daarop aangedring dat politieke verbintenisse moet lei tot…
Die Paaie-owerheid waarsku dat voertuie wat uit Hongkong ingevoer word, slegs geregistreer sal word indien hul registrasie- en stawende dokumente suksesvol deur die betrokke owerhede geverifieer is. Die owerheid se woordvoerder, Hileni Fillemon, sê daar was 'n toename in aansoeke wat onverifieerbare of bedrieglike dokumentasie behels, en beklemtoon dat sodanige…
Die DA sê Eskom se leierskap moet rekenskap gee oor bykomende werk wat deur bestaande kontrakte eerder as mededingende tenders toegeken is. Sunday Times het bevind die kragverskaffer was tussen Oktober 2023 en Maart vanjaar verantwoordelik vir byna 60-persent van die 69,6-miljard-rand se kontrakuitbreidings in nasionale departemente en staatsinstellings. DA-woordvoerder…
Die president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, Vetumbuavi Mungunda, sê maniere gaan gevind moet word om besighede te ondersteun wat deur die bek-en-klouseer-uitbreking in die land geraak word. Mungunda het tydens die NCCI se oorhandiging van een en ‘n half miljoen Namibiese dollar aan die BKS-taakspan gesê die NCCI sal…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.