Trump ontken aanbod aan Iran

Loading player...
President Donald Trump van Amerika ontken berigte dat hy aangebied het om sommige sanksies teen Iran op te hef en fondse vry te stel in ruil vir toegewings oor kernkrag. Amerikaanse en Iranse amptenare het gister afsonderlik met bemiddelaars beraadslaag in ʼn hernude poging om die sewe maande lange vyandelikhede te beëindig. Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê Teheran is heeltemal bereid om die oorlog te hervat, en ook vir die moontlikheid van hernude diplomasie. Trump sê hy is vol vertroue dat hulle die oorlog teen Iran sal wen:
29 Sep 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA sê Eskom moet rekenskap gee oor kontrakte van N$ 41,4-miljard

Die DA sê Eskom se leierskap moet rekenskap gee oor bykomende werk wat deur bestaande kontrakte eerder as mededingende tenders toegeken is. Sunday Times het bevind die kragverskaffer was tussen Oktober 2023 en Maart vanjaar verantwoordelik vir byna 60-persent van die 69,6-miljard-rand se kontrakuitbreidings in nasionale departemente en staatsinstellings. DA-woordvoerder…
19 Oct 6AM 1 min

NCCI steun besighede wat deur BKS geraak word

Die president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, Vetumbuavi Mungunda, sê maniere gaan gevind moet word om besighede te ondersteun wat deur die bek-en-klouseer-uitbreking in die land geraak word. Mungunda het tydens die NCCI se oorhandiging van een en ‘n half miljoen Namibiese dollar aan die BKS-taakspan gesê die NCCI sal…
19 Oct 5AM 1 min

Onderwysministerie verdedig data-opsporingstelsel se doeltreffendheid

Die leierskap van die onderwys-ministerie het die sektor se data-opsporing en daaglikse ingrypings verdedig... en minister Sanet Steenkamp het beklemtoon dat die ministerie statistieke noukeurig dophou deur 'n onderwysbestuurs-inligtingstelsel. Sy het opgemerk dat kinders wat uit die skool-stelsel verdwyn, ook breër gemeenskaps- en sosio-ekonomiese uitdagings in die gesig staar. Sy…
19 Oct 5AM 1 min

Kamwi prys Pohamba se nalatenskap in moedersorg

Die voormalige minister van gesondheid, Richard Kamwi, het voormalige presidentsvrou, Penehupifo Pohamba, as Namibië se "Florence Nightingale" beskryf en haar vrywillige leierskap in die transformasie van moeder-gesondheidsorg geprys. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Kamwi klem gelê op haar onbetaalde werk – wat gewissel het van fondsinsameling by…
19 Oct 5AM 1 min

Blou Bulle maak gereed vir wedstryd teen Ulster

Die Blou Bulle maak gereed vir Saterdag se volgende VRK wedstryd teen Ulster nadat hulle die afgelope naweek met 56-20 teen Stade Français gewen het. Die span se hoofafrigter, Johan Ackerman, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
19 Oct 5AM 1 min