SA en Frankryk versterk ekonomiese samewerking

Loading player...
Suid-Afrika en Frankryk versterk hul ekonomiese samewerking en fokus op infrastruktuur, industrialisering en inklusiewe groei. Die minister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, sê Frankryk is Suid-Afrika se grootste regstreekse buitelandse belegger. Meer as 480 Franse maatskappye in die land bied werk aan meer as 65 000 mense. Dertig Franse maatskappye het beleggingsverbintenisse van 20,7-miljard Suid-Afrikaanse rand aangekondig tydens vanjaar se Suid-Afrikaanse beleggingskonferensie. Ramokgopa sê voorkeure sluit in werkskepping, armoedeverligting en versterkte staatsvermoë:
30 Sep 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa verdedig die RNE en moedig SAners aan om te stem

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê partye in die regering van nasionale eenheid, met uiteenlopende beleid en ideologieë, kon daarin slaag om saam te werk tot voordeel van Suid-Afrika. Verlede week het die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, gevra vir ’n hersiening van die DA se rol binne die regering van…
19 Oct 3AM 1 min

Penehupifo Pohamba se afsterwe ’n groot verlies vir familie en plaaslike owerhede

Mandume Pohamba het sy ma, Penehupifo Pohamba, as ’n sorgsame en liefdevolle ma beskryf. Die 78-jarige Pohamba is oor die naweek in die Lady Pohamba-privaat hospitaal in Windhoek oorlede. Mandume het aan New Era gesê dat sy goed na haar man, voormalige president Hifikepunye Pohamba, omgesien het. Die burgemeester van…
19 Oct 2AM 1 min

AfriForum wil Mbeki onder kruisverhoor plaas

AfriForum het die Khampepe-kommissie gevra om advokaat Gerrie Nel toe te laat... om oud-president Thabo Mbeki onder kruisverhoor te plaas. Dit hou verband met bewerings van politieke inmenging om vervolging vir misdade in die apartheids-era te voorkom, insluitend die 1985-landmynaanval naby Musina, waarin Kobie van Eck en haar twee jong…
19 Oct 2AM 1 min