
Bizskoops - 15 Oktober 2026
Loading player...
Die Internasionale Monetêre Fonds het Suid-Afrika se ekonomiese groeivooruitsig vir 2026 verlaag, terwyl Tongaat Hulett van die Johannesburgse Aandelebeurs verwyder gaan word. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek belangrike ekonomiese verwikkelings en aanwysers van die afgelope paar weke, en ons begin ook 'n nuwe reeks saam met Pieter Wasserfall van JustMoney, wat die impak van stygende brandstofpryse op besighede en huishoudings ontleed. Wat internasionale sake-nuus betref, kyk ons hoe hernude kommer oor mededinging in die kunsmatige-intelligensiesektor groot skyfievervaardigers beïnvloed. Ons sluit af met die politieke en ekonomiese ontleder JP Landman, wat Swart Ekonomiese Bemagtiging en belegging in Suid-Afrika bespreek.

