
Rou vleis en vee mag onder beheer suid van Rooilyn beweeg
Loading player...
Die ministerie van landbou het sy veeartsenykundige regulasies opgedateer om die beheerde beweging van rou vleis en vee suid van die Rooilyn toe te laat. Woordvoerder Romeo Muyunda het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat rou vleis van geregistreerde fasiliteite nou die ||Kharas-streek kan binnekom, terwyl voerkraalbeeste wat vir 30 dae onder streng biosekuriteitsmaatreëls in kwarantyn gehou is, na slagpale verskuif kan word. Muyunda het bygevoeg dat nuwe standaardbedryfsprosedures ook ingestel is om beheerde vleisuitvoere te reguleer.

