
Beheerheining sleutel tot bek-en-klouseerbeheer
Loading player...
Namibië se tweejaar-spertyd om die bek-en-klouseer-uitbreking onder beheer te bring, begin sodra die beheerheining van Klein Manasse tot by die Visrivierkloof voltooi is. Die uitbreking is op 23 September in die Karasburg-distrik van die //Kharas-streek aangekondig. Die ministerie van landbou het bevestig dat daar op 18 plase in die streek 131 bevestigde gevalle van bek-en-klouseer aangeteken is. Die ministerie se hoofveearts, dr. Kenneth Shoombe, verduidelik waarom die heining belangrik is en wat dit vir die beweging en verhandeling van vee en vleis in die streek beteken.

