Intense hittegolf in Noorde tref Khomas Vrydag: Weerdiens

Loading player...
Die Namibiese Meteorologiese Diens het 'n dringende weerwaarskuwing oor versengende hitte oor die noordelike dele van die land uitgereik. Die diens sê 'n intense hittegolf is aktief en sal tot Sondag voortduur, met dagtemperature wat na verwagting tot 42 grade Celsius sal styg. Die hitte sal teen Vrydag die Khomas-streek bereik en oor die naweek verder suid versprei. Die publiek word sterk aangeraai om langdurige blootstelling aan direkte sonlig te vermy, en te sorg dat hulle genoeg water drink en strawwe buitelugtake beperk. 'n Ogie moet ook oor kwesbare mense soos babas en bejaardes gehou word. Die meteoroloog Albertina Anderson het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
21 Oct 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ierland kom maak plaaslik krieketgeskiedenis

Krieketgeskiedenis gaan gemaak word wanneer Ierland se mansspan vir die eerste keer ooit teen die FNB Eagles te staan kom in 'n opwindende reeks van vyf eendagwedstryde. Die eerste wedstryd begin môre om 10-uur op die Namibië Krieketveld in Windhoek. Die Capricorn Eagles A-span sal ook van 25 tot 31…
21 Oct 10AM 1 min

Nascam sê hy werk daaraan om invorderings te verbeter

Nascam sê tantième aan musikante en komponiste word tans een keer per jaar uitbetaal, gegrond op gerapporteerde musiekgebruik en ingevorderde lisensiegelde. Die waarnemende uitvoerende hoof, Ferdinand Gertze sê die organisasie werk daaraan om invorderings te verbeter, onder meer deur lisensie-inspekteurs in die streke aan te stel, en meer musiek-gebruikers te…
21 Oct 10AM 1 min

Zelensky reg om dadelik vir vrede te onderhandel

Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, is gereed om onmiddellik te onderhandel vir 'n vinnige, blywende vredesooreenkoms met Rusland. Kiëf en sy Europese bondgenote het voorstelle uitgewerk om vredespogings te bevorder, insluitend 'n moontlike drieledige gesprek tussen die leiers van Oekraïne, Rusland en Amerika. Dit maak ook voorsiening vir die uitruil…
21 Oct 9AM 1 min

Dis reg dat amptenare moet opdok vir hofsake: kenner

Bestuurskenner Pius Dunaiski verwelkom die Staatsdienskommissie se besluit om staatsamptenare aanspreeklik te hou vir finansiële verliese weens hofsake wat deur nalatigheid veroorsaak word, ingevolge Artikel 11 van die Wet op Staatsfinansies. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Dunaiski dat hierdie stap lank reeds verwag is. Hy sê dat…
21 Oct 9AM 1 min

Nigerië teken eerste Ebola-geval in hoofstad aan

Nigerië het sy eerste Ebola-geval aangemeld in ʼn vrou wat van Uganda na Abuja gereis het. Die Demokratiese Republiek van die Kongo beleef sy dodelikste Ebola-uitbreking in die geskiedenis weens die skaars Bundibugyo-stam. Minstens 4 600 mense is dood en meer as 9 500 gevalle aangeteken. Kenia het vroeër die…
21 Oct 8AM 1 min