
Hersien vereistes vir staatsdiensposte, hoor NV
Loading player...
Swanu-LP Evilastus Kaaronda wil hê dat die toelatingsvereistes vir staatsdiensposte en staatsondernemings hersien word. Hy sê vaardighede en bevoegdhede moet swaarder weeg as grade en werkservaring. Met sy kennisgewing van ‘n mosie in die Nasionale Vergadering het Kaaronda gesê die doel is om werk vir jongmense oop te stel, veral in die inligting- en komunikasie tegnologie-sektor.

