
NamRA bied volle kwytskelding van belastingrente en boetes
Loading player...
NamRA doen ’n beroep op belastingbetalers wat nie aan hul belastingverpligtinge voldoen nie om voordeel te trek uit die voortgesette belasting-amnestieprogram voordat dit op 31 Oktober 2026 sluit. NamRA se sentrale streekbestuurder vir registrasie en belastingbetalerdienste, Aune Shikongo, sê die program bied volle kwytskelding van rente en boetes op uitstaande belastingrekeninge, mits die uitstaande hoofskuld vereffen word. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

