
Unam eise antwoorde oor geld vir studenteprojek
Loading player...
Unam het 'n ondersoek van stapel gestuur na bewerings dat 140 000 Namibiese dollar van 'n EU-befondsde navorsingsprojek onbehoorlik na Nanso oorgeplaas is. Unam-woordvoerder Simon Namesho sê Nanso ontvang begrotingstoekennings as 'n projekvennoot, maar as koördineerder soek Unam dringende duidelikheid van die studente-organisasie rakende die fondse. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

