
Herinneringe uit die kinderdae, liefde vir skryf en nog meer met Keina Swart
Loading player...
In vandag se episode gesels bekroonde joernalis, redakteur en skrywer Keina Swart op Kopskuif. Met meer as drie dekades se ervaring in die mediawêreld het sy ’n besondere bydrae tot die Afrikaanse skryfwêreld gelewer. Skakel in en kom luister hoe sy meer oor die herinneringe van haar kinderdae, haar liefde vir boeke en stories en die pad wat haar as joernalis en skrywer gevorm het, deel. Sy gesels ook oor haar splinternuwe roman, “Swerwerskraal” – ’n besondere verhaal waaraan sy elf jaar lank gewerk het en waarvoor sy diep in geskiedkundige dokumente, dagboeke, briewe en foto’s gaan delf het.
Ontdek die inspirasie agter die roman, die uitdagings van geskiedkundige navorsing en die verantwoordelikheid om iemand anders se lewensverhaal met respek te vertel.
Ontdek die inspirasie agter die roman, die uitdagings van geskiedkundige navorsing en die verantwoordelikheid om iemand anders se lewensverhaal met respek te vertel.





