Moontlikheid van brandstigting nie uitgesluit in brand by Motheo-kollege in BFN

Loading player...
Die moontlikheid van brandstigting word nie uitgesluit nadat 'n brand vanoggend by die Motheo TVET-kollege in Bloemfontein uitgebreek het nie.

‘n Afdelingsoffisier van die Mangaung-brandweer-en-reddingsdiens, Braam van Zyl, sê die brandweer is ongeveer 06:00 vanoggend ontbied nadat ‘n brand binne die administratiewe gebou op die kampus ontstaan het. Hy sê die brand is tans onder beheer. Aansienlike rookskade is aangerig.

Volgens Van Zyl sal ‘n forensiese span later vandag deeglik ondersoek instel.
5 Apr 2016 3AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min