Duisende NK inwoners sonder titelaktes

Loading player...
Die Departement van Samewerkende Regering in die Noord-Kaap sê sowat 28 000 inwoners en eienaars van HOP-huise moet nog hul titelaktes kry.

Woordvoerder, Xhanti Teki, sê die agterstand het oor die jare opgebou met die grootste gedeelte van die uitstaande titelaktes wat voor 1994 en kort daarna dateer.

LUR Alvin Botes gaan môre met die Raad op Eiendomsagentskapaangeleenthede (REA) vergader om ‘n plan van aksie vir die uitwissing van die agterstand op te stel.

Teki sê die proses sal egter eers moet begin met die verifieering van die geskatte agterstand.
5 Apr 2016 4AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min