Privaatbelegging in Noord-Kaap belangrik Premier Sylvia Lucas

Loading player...
Privaatbelegging in die Noord-Kaap is belangrik vir die plaaslike ekonomie en word aangemoedig.

Noord-Kaap premier Sylvia Lucas sê omdat die provinsie se ekonomie afhanklik is van mynbou en landbou is beleggings in dié bedrywe noodsaaklik.

Lucas het by die bekendstelling van GWK se nuwe meule en koekie- en pastafabriek op Modderrivier gesê dié twee sektore is veral onder druk weens die dooierige internasionale en plaaslike ekonomie.

Andre Grobler berig dat volgens Lucas, het die provinsiale regering reeds gedoen wat hulle kon om kleinboere te help met die droogtetoestande en hoop die nasionale regering kan moontlik nog hulp verskaf.
7 Apr 2016 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min