Kleuter na die Vrystaat vanaf Mosambiek gerepatrieer

Loading player...
‘n Jong seuntjie wat in ‘n gevangenis in Mozambiek gebore is, en sedertdien by sy ma in die tronk gebly het, is gister na Suid-Afrika gerepatrieer. Die driejarige seuntjie se ma is ‘n Suid-Afrikaanse burger en afkomstig van die Vrystaat. Lumka Oliphant van die departement van sosiale ontwikkeling, sê die minister, Bathabile Dlamini het die seuntjie gister op die die OR Tambo-lughawe in Johannesburg ontvang. Oliphant sê die kind se ma dien tronkstraf in dié buurland uit nadat sy in hegtenis geneem is in verband met dwelmhandel. Sy was destyds swanger toe sy Suid-Afrika verlaat het.

Oliphant sê die seuntjie sal op versoek van sy ma in die sorg van uitgebreide familie in die Vrystaat geplaas word. Sy wou nie bekendmaak waar in die Vrystaat die kind gevestig sal word nie.
13 Apr 2016 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min