Lykskouingsverslag dalk vandag bekend

Loading player...
Die lykskouingsverslag van 'n negejarige seuntjie wie se liggaam die naweek in ‘n verlate steengroef in Barkly-Wes in die Noord-Kaap gevind is, sal na verwagting vandag beskikbaar wees.

Gift Makatees se lyk is Vrydagaand deur polisieduikers gevind nadat hy die vorige dag vermis geraak het.

Familiewoordvoerder, Malaboga Thetela, het aan OFM-nuus gesê die familie het baie vrae oor die seuntjie se dood. Sy sê verskeie versoeke van die gemeenskap om die steengroef, wat weens onlangse reënval vol water is, af te kamp of toe te maak is deur die munisipaliteit geïgnoreer.

Thetela sê Makatees was vir ‘n dag vermis voor sy liggaam gekry is.
18 Apr 2016 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min