Grusame toneel op VS-plaas ontdek

Loading player...
'n 28-jarige man is gister op die plaas Haasfontein naby Smithfield in hegtenis geneem weens die beweerde moord op sy vriendin.

Vrystaat polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana sê die 32-jarige vrou is met 'n ysterpyp en houtpaal aangerand. Haar tweejarige seuntjie was by haar toe haar liggaam gevind is. Hy is as voorsorgmaatreël na die hospitaal geneem.

Volgens Ngcukana het die polisie gistermiddag omstreeks 17:30 'n anonieme oproep ontvang waartydens hulle ingelig is van 'n vermeende voorval van huishoudelike geweld. Hy sê die verdagte is kort daarna aangekeer toe hy na sy huis onderweg was.

Ngcukana sê die man sal môre in die landdroshof op Smithfield verskyn op aanklag van moord.
25 Apr 2016 3AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min