Man verskyn weens moord op vriendin by Smithfield-plaas

Loading player...
'n Man (28) wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde moord op sy vriendin op 'n plaas naby Smithfield, sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen in die plaaslike landdroshof.

Petrus Lempetjhe het glo sy vriendin op die plaas Haasfontein naby Smithfield met 'n ysterpyp en houtpaal aangerand. Hy is enkele minute ná die voorval Sondag in hegtenis geneem.

Die 32-jarige slagoffer se tweejarige seuntjie was by haar toe haar liggaam gevind is.

Vrystaatse polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana het vroeêr aan OFM-nuus gesê Lempetjhe is aangekeer toe hy na sy huis onderweg was.
28 Apr 2016 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min