RPO laat verbruikers smul aan skaapvleis-lekkerte

Loading player...
OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, het verlede week ‘n draai gemaak by Bloemskou, waar sy by die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se stalletjie gaan kuier het. Sy gesels hier met die organisasie se Francois Botha oor wat aan die gang is by dié stalletjie waar lede van die publiek daagliks aan ‘n gratis skaapvleis-proesessies kan deelneem. Op dié dag het die mense gesmul aan skaapstertjies en kerrie-afval. Saterdag was daar ‘n skaapspitbraai waar die mense tou gestaan het om te proe … Botha vertel hulle beplan ook om delikatesse soos pofadders en skilpadjies vir die mense voor te berei, alles met die doel om verbruikers bietjie beter op te voed oor skaapvleiskeuses.
3 May 2016 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Inkbessievergiftiging kom toenemend onder vee voor

Inkbessie is 'n indringer plant wat algemeen in die Vrystaat voorkom en veeverliese veroorsaak. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte.
22 Jun 11PM 6 min