Gordhan-arrestasie sal negatiewe impak op markte hê: Roodt

Loading player...
'n Politieke ontleder sê indien berigte oor die dreigende inhegtenisname van die Minister van Finansies, Pravin Gordhan waar is, sal dit 'n negatiewe impak op die markte hê. Dawie Roodt se komentaar volg nadat die Sunday Times gister berig het dat die Valke wil hê Gordhan moet vervolg word weens spioenasie vir sy rol in die geheime eenheid wat tydens sy dienstermyn as Kommissaris van Binnelandse Inkomste op die been gebring is. Die eenheid het glo intelligensie onwettig ingesamel en op belastingbetalers gespioeneer. Die Nasionale Vervolgingsgesag het egter gesê geen besluit is al geneem om enigiemand in die ondersoek na die eenheid in hegtenis te neem nie. Roodt sê dit sal 'n ramp vir die land wees indien Gordhan aangekeer is.
16 May 2016 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min