Nog 'n Vrystaatse woonbuurt moet ondersoek word deur SAMRK

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie (SAMRK) het ná 'n driedagse besoek aan die Vrystaat nóg ‘n klag van inwoners wat sonder water en toilette moet klaarkom, ontvang.

Die doel van die besoek was om 'n ter plaatse ondersoek te doen by ondermeer die Sibuyile Park-township in Bloemfontein, waar sowat 80 families die afgelope twee dekades sonder voldoende water en toilette moes klaarkom. Die kommissaris Mohamed Ameermia sê inwoners het nou uiteindelik basiese dienste gekry.

Die Kommissie het egter ‘n versoek ontvang dat ‘n ondersoek na ‘n soorgelyke situasie in die Mansopa-munisipaliteit – wat Ladybrand insluit – gedoen moet word.

DA-raadslid, Tania Halse, sê sy het aan die Kommissie geskryf nadat sy alle moontlike stappe geneem het om die munisipaliteit tot aksie te dwing.
25 May 2016 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min