Oranjerivier-besproeiingsboere bekommerd oor waterbeperkings

Loading player...
OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, gesels met Agri Noord-Kaap se Hoffie Joubert oor waterbeperkings wat glo ingestel gaan word op besproeiingsboere wat water uit die Oranje- en Vaalriviere trek. Joubert is van mening watergebruik, veral deur onwettige waterverbruikers, moet eers geverifieer word voordat sulke beperkings ingestel kan word. Hy sê beperkings sal veral ‘n slegte impak hê op boere wat kontantgewasse soos koring, gars en lusern moet besproei. Hy spreek ook sy kommer uit oor moontlikhede van water wat na bewering vanaf Lesotho na Botswana verskaf sal word.
13 Jun 2016 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dit is brandseisoen en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen wat voorle

Die brandseisoen het aangebreek en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen en uitdagings wat voorle. Isabel van Tonder gesels met Johan Terblanche,, bestuurder van die sambreelbrandverenigings in die Vrystaat oor die gereedheid van brandverenigings in die Vrystaat. Daar word ook brandstroke en veiligheidsvereistes bespreek.
11 Aug 1AM 21 min