SA se mooiste hoenders skud vere reg in Bultfontein

Loading player...
OFM-nuus se landbouredakteur Sabrina Dean gesels met Danie Nieuwenhuizen, organiseerder van die Saspo Nasionale Pluimvee Kampioenskappe, wat hierdie week in Bultfontein plaasvind. Hy vertel daar gaan meer as 2400 voëls vertoon word, insluitend hoenders, watervoëls en kalkoene, met 96 vertoners van reg oor die land wat deelneem. Hy sê daar is ook vanjaar drie splinternuwe rasse wat nog nooit voorheen in Suid-Afrika geskou is nie. Hy het ‘n ieder en elk uitgenooi om te kom inloer en sê vir die wat belangstel om ‘n hoenderboerdery te begin is daar Donderdag laatmiddag ‘n veiling waar hulle van die beste teelmateriaal in die land sal kan opraap:
4 Jul 2016 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dit is brandseisoen en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen wat voorle

Die brandseisoen het aangebreek en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen en uitdagings wat voorle. Isabel van Tonder gesels met Johan Terblanche,, bestuurder van die sambreelbrandverenigings in die Vrystaat oor die gereedheid van brandverenigings in die Vrystaat. Daar word ook brandstroke en veiligheidsvereistes bespreek.
11 Aug 1AM 21 min