Kimberley-bordeel: Twee vroue op borg vrygelaat

Loading player...
Twee vroue wat vermoedelik 'n weelderige huis in Kimberley in 'n bordeel omskep het, is op borgtog van R1 500 elk vrygelaat.

Woordvoerder vir die Valke in die Noord-Kaap, Philane Nkwalase, sê Nonsukiswa Dlamini en Nontumelelo Sonqishe, onderskeidelik van Kwazulu-Natal en die Oos-Kaap, is verlede week by die spoghuis in Royldene in hegtenis geneem.

Nkwalase sê die vroue se borg is gekoppel aan streng voorwaardes, om te verhoed dat hulle hul beweerde aktiwiteite voortsit.

Volgens Nkwalase het die vroue die bordeel in 'n luukse huurhuis bedryf sonder dat die eienaar daarvan bewus was.
29 Dec 2016 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min