Protesoptogte in Sirië gehou uit solidariteit met ontvoerde SA fotojoernalis

Loading player...
'n Aantal protesoptogte is gister in Sirië gehou uit solidariteit met die ontvoerde Suid-Afrikaanse fotojoernalis, Shiraaz Mohamed. Die 38-jarige Mohamed is 'n week gelede naby die grens met Turkye ontvoer, terwyl hy die land saam met die hulporganisasie Gift of the Givers besoek het. Maryke Vermaak berig dat die groep onderweg terug na Turkye was toe 'n groep mans Mohamed ontvoer het.

Niemand het tot dusver aanspreeklikheid vir die ontvoering aanvaar nie en die ontvoerders het ook nog nie 'n losprys geëis nie. Betogers het tydens verskeie optogte plakkate geswaai waarop hulle vir Mohamed se vrylating vra, terwyl besighede vir die duur van die optogte hul deure gesluit het as blyk van steun vir die saak.
17 Jan 2017 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min