Heidedal skool kry pluimpie

Loading player...
‘n Hoërskool in Heidedal, Bloemfontein het ‘n pluipie gekry as een van die beste skole in die streek nadat die Openbare Dienste Kommissie (ODK) die skool vandeesweek besoek het. Die kommissie het altesaam tien skole – in al vier streke in die provinsie – geïdentifiseer vir inspeksies. Die beskikbaarheid van handboeke, leermateriaal en die algemene toestand van die skoolgronde word getoets. Die provinsiale kommissaris van die ODK, Henk Boshof, sê Heatherdale Sekondêre Skool in Heidedal het die toets met vlieënde vaandels geslaag en die skool gaan ‘n voorbeeld wees vir ander skole in die provinsie.
18 Jan 2017 10PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min